They have often invited our family there and every time that I was on the farm I wished I could have my Parents there since they have such a great love for the bush - So last week I took the Cessna and picked them up in Bloemfontein and we had a great two days on the Van Heerden's Game Ranch
Die roete van Bloemfontein is oor die Oos Vrystaat en my Pa het die hele wereld baie goed herken en die vlug baie geniet, ons is oor Nooitgedacht die plaas waar hy gebore is 80 jaar gelede die buurplaas Brightside, die Koranna spruit en berge en later reg by Visierskerf verby naby Fouriesburg, toe verby Clarens, Golden Gate en oor die Sterkfontein Dam waar ons eers by n goeie vriendin Elsa Greyling op Haar plaas Clifford in die Harrismith Distrik gaan land het vir Tee en koekies en melktert.
Die boonste foto is n ouer foto van Visierskerf van die Fouriesburg kant af geneem en die onderste foto is laas week uit die vliegtuig geneem van die Rosendal, weste kant af.
Onder is Jan-Harm Greyling, Elsa se seun en Elsa besig om ons op Clifford te verwelkom.
So teen 12:00 uur het ons die laaste been van Elsa af oor die eskarpment af gevlieg tussen Van Reenens Pas en Oliviershoek Pas en in Natal geland waar Tiki ons by die landingstrook kom oplaai het. Op die foto hieronder is my Pa Johan Steyl, my Ma Rina en Tiki.
Op pad na die ruskamp het ons n groot hoeveelheid wild gesien waarvan die mees indrukwekkende n Trop van meer as n 100 Elande
By die Kamp aangekom het Tiki hulle na hulle bos chalet geneem waar Ouma heerlik gaan slaap het en later vir n uur na die vinke byna op die patio gesit en kyk het.
Die middag het ons op n "Gamedrive" gegaan tot sononder en die Renosters was die hoogtepunt, daarna drinks op die dek gevolg deur n lekker hoender braai.
Op die dek saam met Tami van Heerden vat die week graad kry op Stellenbosch
Die volgende oggend het n Parkeraad beampte, n' meneer Potter, op die plaas opgedaag om vir Vere "microchips" in n paar Renoster horings te sit wat van n Paar renosters af kom wat deur weerlig doodgeslaan is, daar was n paar oomblikke van paniek toe die horings vir n paar minute weggeraak het, maar dit was gelukkig van korte duur. Nadat die horings gesertifiseer is het Vere en Tiki ons weer by die Cessna gaan aflaai en het ons weer oor die Drakensberge terug gevlieg via Bethlehem vir brandstof na Bloemfontein.
Baie dankie vir n wonderlike aand in die bos saam met julle.